Met die Holm Gebore

Met die Holm Gebore

Show Dates & Times


September 20, 2010 - 20:00
September 21, 2010 - 20:00

Ticket Pricing

N$ 100 / person or N$ 90 for block bookings of 10 or more

Om met die helm gebore te wees is een ding, maar om met die HOLM gebore te wees is nie net EEN ding nie ... dis nóg ‘n ding en vier ander goed saam met ‘n stuk watsenaam en sewe uitroeptekens! Gewone sintuie is nie genoeg nie, jy moet met die HOLM gebore wees om te kan sien waar jy nie kyk nie, om te kan hoor waar jy nie luister nie en om te voel waar jy nie vat nie. Gooi ‘n leeftyd se kyk, luister en voel saam’t ‘n neus vir stories uitsnuffel, ‘n kop vir stories maak en ‘n tong vir stories vertel en jy’s amper daar, maar ongelukkig sal jy nooit werklik “daar” kan wees nie, want jy’s nie met die HOLM gebore nie! Slegs Marion is met die HOLM gebore. Julle ken vir Sussie ... ontmoet nou vir Marion.